Marius het ’n nare ouma – ’n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy moet seker ’n heks wees. “Moenie my medisyne vergeet nie,” treiter sy hom. Nee, Marius sal nié sy ouma se medisyne vergeet nie. Hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis – die soort onheilige planne wat net in ’n Roald Dahl-storie kan uitbroei.