Moemin is terug in Afrikaans! Joegaai! Sedert die TV-reeks in die 1990`s uitgesaai is, is Moemin `n geliefde vriend vir vele en sy avonture het die verbeelding behoorlik aangegryp. En wie kan dan nie die aansteeklike kenwysie saamsing nie? In 2010 is Tove Jansson se Moemin-karakters 65 jaar oud. Om dit te vier, verskyn daar `n splinternuwe reeks van Moemin-stories vir jonger kinders en vir die eerste keer is hierdie klassieke karakters en gewilde verhale ook nou in Afrikaans in boekvorm beskikbaar.