Wat sal jy doen as `n hoop rommel skielik met jou begin te praat? Of as jy op `n dag agterkom jou troetelmuis is slimmer as jou skoolhoof? Pete Smith glo nie aan fantasie en toordery nie, maar hy moet sy siening heroorweeg toe iemand vermoor word en hy op pratende muise en vlieende vullisblikke moet staatmaak om hom van hordes seunvretende rotte te red. `n Heerlike fantasieverhaal vol aksie en avontuur. `n Nuwe uitgawe van die 2005 MER-pryswenner vir jeugliteratuur.