s_oondvars_150
1949

My ensiklopedie van baie belangrike dinge

Vertaler: Mia Oosthuizen
LAPA

`n Fantastiese eerste ensiklopedie propvol feite, perfek vir jong slimkoppe wat nie kan wag om alles oor die wêreld te ontdek nie. My ensiklopedie van baie belangrike dinge verken temas soos diere, mense, planete, en baie belangrik, jy!
Kinders kan uitvind wat `n woestyn is, hoeveel kontinente daar is, leer om, hallo en totsiens in verskillende tale te sê, en nog hope meer. Maak kennis met vegetariese dinosourusse, oulike troeteldiere, en reusagtige blouwalvisse; verken die verlede saam met grotbewoners, Vikings en faraos; kyk hoe `n plant uit `n saadjie groei; en ontdek waaruit `n wolk bestaan.

My ensiklopedie van baie belangrike dinge is `n asemrowende kombinasie van eenvoudige, treffende ïllustrasies, indrukwekkende foto`s en lewendige teks, `n baie belangrike boek vir baie belangrike mense, en die perfekte eerste naslaanboek vir jong feitevrate.

Publikasie: 2018-04-23
0
Would love your thoughts, please comment.x