Lawwe en lawaaierige rympies vir voorlees en opsê. By elke rympie is voorstelle vir aksies en aktiwiteite om die leeservaring heerlik interaktief te maak.
Kielie-kabouter
Hier kom `n kabouter
met `n rooi hoed aan.
Wat wil hy hê,
waar kom hy vandaan?
Hy sê: “Ek kom van
die land van Kammalielie.
Ek het al die pad gekom
om jou te … kielie!”