Niemand weet eintlik presies watse werk oom Japie doen nie. Bennie dink hy is `n Monster, maar `n vriendelike een. Joshua dink oom Japie is `n Seerower. Martie dink hy is sommer `n Swendelaar. Toe oom Japie een middag vir die kinders vertel van die monsterplant in die tuin, begin Joshua éérs wonder. Oom Japie en die Monsterplant is ’n heerlike grillerige storie wat jy liewer moet lees as die lig aan is en die gordyne toegetrek.