s_oondvars_150
1167

Rondomtalie: stories deur Afrikaanse kunstenars

Marinda Engelbrecht (samesteller)
Rosalind Stockhall
Human & Rousseau

`n Plesierige versameling stories deur bekende Afrikaanse name in die uitvoerende kunste arena – sangers, skrywers en liedjieskrywers, opera sangers, pianiste, aanbieders, ens. Die temas in die boek varieer van blommefeetjies, skoenlappers, en kabouters tot draakvlieërs, snaakse kontrepsies, `n nare hekseman, `n vernuftige wolhaarstorie en `n baie talentvolle mol, `n ware diva.
Stylvolle illustrasies vul die teks uitstekend aan en sal sowel kinders as volwassenes bekoor.

Dit is lekker-lees stories vir voorlees en selflees.

Sewentien bekende Afrikaanse kunstenaars snoer saam om hierdie oulike bundel stories vir kinders moontlik te maak. Hulle is: Charlene Truter, Zanne Stapelberg, Pedro Kruger, Mynie Grové, Vicky Davis, Neels van Jaarsveld, Nataniël, Anna Davel, Rocco de Villiers, Lucas Maree, Margit-Meyer Rödenbeck, John Henry Opperman, Lize Beekman, Trix Pienaar, Koos Kombuis, Marion Holm en Jak de Priester.

Publikasie: 2010-08-05
0
Would love your thoughts, please comment.x