Siobhan is ’n effens opstandige tiener in graad 11. Sy verras (en skok) haar ouers toe sy besluit om die skoolvakansie by ’n sirkusskool aan te sluit “om net ’n slag iets anders in haar lewe te doen en te ervaar – en dalk help dit vir die dramaklasse wat sy na matriek wil neem”. By die sirkusskool ontmoet sy ’n uiteen-lopende klomp karakters (elk wat sy eie spreekwoordelike masker dra) wat almal uiteindelik ’n invloed op haar sal he in haar soeke na haarself. Vir ouderdom 12 jaar en ouer.