Hierdie prettige aktiwiteitsboek met die gewilde KykNet karakters Tjiff en Tjaff, leer kinders om speel-speel die basiese vaardighede baas te raak wat hulle in hul eerste skooljaar sal nodig hê. Met inkleurprente en maklike aktiwiteite en oefeninge leer kinders eerste skryf-, lees-, handkoördinasie- en telvaardighede aan. Hulle leer ook oor vorms, kleure, syfers, letters en vele meer.