s_oondvars_150
1655

Slimbegin: Vlak 2

Anita Potgieter
Human & Rousseau

Hierdie opvoedkundige aktiwiteitsboek bou voort op die grondslag wat in Slimbegin Vlak 1 gele is en is geskik vir kinders 7 tot 9 jaar. Dit is spesiaal ontwerp om kinders se wiskunde- en taalvaardighede te slyp, terwyl dit hulle uitdaag om te dink en kreatief te wees. Die prettige wiskunde-oefeninge voldoen aan die kurrikulum van graad 1 tot 3 en die taalgedeelte bevorder woordbou, taal, lees en klankvaardighede, sodat dit leerders ook aanmoedig om die vaardighede wat hulle in hul eerste en tweede jaar op skool leer op `n nuwe manier te oefen. Eenvoudige en duidelike instruksies maak die aktiwiteite maklik om te voltooi, terwyl `n sterretjie telkens vir die kind aandui waar om te skryf. Agter in die boek word die antwoorde maklik uiteengesit. Gee jou kind `n voorsprong met Slimbegin!

Publikasie: 2014-06-15
0
Would love your thoughts, please comment.x