Wat Rashied die graagste wil he, is iets ronds. “Wat is rond?” vra Oupa toe hy en Rashied die aand stories lees, en weer toe Rashied ontbyt eet. Rashied gooi `n sirkel melk om die pap in sy blou bakkie, en daar sien hy dit: `n eiland in sy bord! Dis Robbeneiland! Toe vertel Oupa vir hom die storie van hoe hulle op Robbeneiland, jare gelede, sokker gespeel het en hoe die spel hulle weer gevul het met hoop en hulle vry laat voel het. Soos `n wens, so groot is `n hartverwarmende verhaal oor `n oupa en kleinseun se spesiale band.