s_oondvars_150
436

Spookhuis by die see

Louise Prinsloo
Human & Rousseau

Spookhuis by die see speel af in die skilderagtige omgewing van Mosselbaai. Wikus, Karel en Giepie kuier vir Paasnaweek saam met Giepie-hulle se familie. Maar omdat die groot huis tot oorlopens toe vol mense is, moet die seuns in die ou houthuis aan die rant van die dorp gaan slaap. Dis hier waar snaakse dinge begin gebeur. Wikus hoor en sien eienaardige goed wat die ander twee nie kan nie. Is hy besig om hom alles te verbeel, of is hulle rêrig met vakansie in `n spookhuis by die see. Hierdie lekker spookstorie is propvol raaisels, geheimsinnige legendes en selfs interessante feite oor die omgewing waar dit afspeel. Dit is die agste boek in Louise Prinsloo se Gedaantes en Geraamtes-reeks.

Publikasie: 2003-08-13
0
Would love your thoughts, please comment.x