Anita wil vreeslik graag `n troeteldier hê, maar haar ma hou vol dat troeteldiere stink, raserige, pestilensies is wat miljuisende kieme in `n mens se huis indra en jou allerhande siektes gee. Haar ma het egter geen klagtes teen die elektroniese troeteldier wat Anita teen `n winskoop raakloop in Mnr. Grinaker se winkel, Alles-en-nog-wat, nie. Wanneer die troeteldier begin aandring op insekgif vir aandete en dreigende e-posse vir haar onderwyseres stuur, besef Anita dat haar toeteldier in werklikheid `n troetelGEDROG is!
`n Heerlike, grieselrige grilverhaal vir 9-11 jariges.
Troetelgedrog is die eerste boek uit die pen van Jaco Jacobs, `n 21-jarige student aan UOVS.