Trompie-hulle gaan speel in die kloof en `n nuwe vriend, Asjas, val en sit vas. Terwyl hulle hom probeer red, ontdek hulle in die grot `n historiese rotstekening. Die rugbyseisoen breek aan en die Boksombende speel vir plekke in `n provinsiale span, maar dit gaan broekskeur … totdat hulle almal verras in `n plaaslike wedstryd.