Eendag bring meneer Hartlief `n verrassing huis toe – `n oulike klein varkie met `n pienk gesiggie en `n krulstertjie. Meneer en mevrou Hartlief het hulle babavarkie baie lief – maar wat sal gebeur wanneer die varkie skool toe gaan? En kan hierdie storie dalk meer as een verrassing aan die einde h?? `n Snaakse en verbeeldingryke storie wat wys `n gesin is wat jy daarvan maak, en dat liefde die belangrikste van alles is.