Kom lees saam met Wikus! Ons oulike vriendtjie beleef al weer `n heerlike avontuur, saam met sy beste maat, Wim die muis. In hierdie maklike selflees-storie is Wikus en Wim op die plaas, waar hulle al die plaasdiere ontmoet. Wikus en Wim voer die donkie en speel met die bokkies. Maar wat gaan gebeur as hulle `n wollerige hasie uit die hok haal en al die ander hasies laat ontsnap? Hierdie reeks is perfek vir beginnerlesers. Met maklike woordeskat en groot leesbare letters, is dit pret om self te lees en sal beginners hope selfvertroue gee!