s_oondvars_150
1560

Beertjie se vriendin

Else Holmelund Minarik
Human & Rousseau

Beertjie is seker een van die wereld se mees sjarmante kinderboekkarakters. Die eenvoudige teks deur Else Holmelund Minarik en die evokatiewe tekeninge deur Maurice Sendak, internasionaal beroemde en bekroonde kinderboekillustreerder, skep vir die kind ’n verbeeldingswereld waarin hy altyd tuis voel. Al vyf titels in die Beertjie-reeks sal in ’n wye kring byval vind, aangesien dit uitstekende voorleesboeke is. Die kleuter wat die verhaal een of twee maal gehoor het, sal dit self aan die hand van die illustrasies kan volg. Dit is ook besonder geskik vir self-lees deur kinders wat pas leer lees het. In hierdie boek maak Beertjie maats met ’n dogtertjie genaamd Emma. Maar wanneer die somer verby is, moet Emma vertrek. Beertjie is baie hartseer – totdat hy ’n manier vind om naby aan sy vriendin te wees, al is sy baie ver weg.

Publikasie: 2013-12-08
0
Would love your thoughts, please comment.x