s_oondvars_150
1559

Beertjie

Else Holmelund Minarik
Human & Rousseau

Al vyf titels in die Beertjie-reeks sal in ’n wye kring byval vind, aangesien dit uitstekende voorleesboeke is. Die kleuter wat die verhaal een of twee maal gehoor het, sal dit self aan die hand van die illustrasies kan volg. Dit is ook besonder geskik vir self-lees deur kinders wat pas leer lees het.
In hierdie eerste titel in die reeks vind ons vier kort Beertjie-stories. As dit koud is, weet Mamma Beer net watter jas sal Beertjie warm hou. Wanneer hy besluit om maan toe en terug te vlieg, het sy vir hom middagete gereed wanneer hy tuis kom. En natuurlik kry Beertjie die perfekte verrassing op sy verjaardag.

Publikasie: 2013-08-10
0
Would love your thoughts, please comment.x