Die tweede titel oor die avonture van die twee muisgesinne, die Van Stertens en die Kaase, wat in die eerste titel saam met Jan van Riebeeck op die Drommedaris op 6 April 1652 uit Texel in die Kaap aangekom het. Skielik moet die klomp Europese grysmuise aanpas in `n nuwe land vol onsekerhede, gevare en `n tekort aan ordentlike muiskos. Hulle ontmoet die inheemse muise, Oedas en Gorra, wat van die veld leef en onder bosse en in gate woon en hulle beleef saam met kommandeur Van Riebeeck, die matrose en soldate die die eerste nat, koue winter en die bou van die fort De Goede Hoop.