s_oondvars_150
479

Die heel, héél lekkerste kos

Sindiwe Magona
Paddy Bouma
Tafelberg

Dit is `n vertederende en lewensbevestigende verhaal wat hom in `n Suid-Afrikaanse township afspeel. Hier word van die meisie Siziwe verwag om `n rukkie na haar boeties en sussies te kyk – haar ma is land toe om na hul siek oupa om te sien en hul pa is uit op see. Ma se monstertjies is rasend honger, maar daar is nie `n krummel in die koskas nie. Ma se beste vriendin sou nog kon help, maar ook sy is nerens te sien nie! Hoe nou gemaak? Siziwe steek die primusstofie aan, sit `n kastrol daarop, vul dit met water en begin kook aan die lekkerste ete in die hele wereld – aan die Ete van Hoop.

Publikasie: 2006-07-12
0
Would love your thoughts, please comment.x