s_oondvars_150
1672

Dr Seuss: O,die wêreld lê oop vir jou!

Dr. Seuss
Dr. Seuss
LAPA

Veels geluk, liewe maatjie,vandag is jou dag.Jy gaan op n reis na n wêreld wat wag.
Jy`t n brein in jou kop en jy`t voete wat trap.
Van jou hang dit af watter rigting jy stap.
En terwyl jy jou weg deur ons wêreldjie baan
sal JY, jy alleen, moet besluit waar jy gaan.

Met speelse, rollende rym en ritme en sy kenmerkende humor kyk Dr. Seuss na al die avonture en verrassings wat op die lewenspad kan wag. Dit is n boek vol wysheid en lewenslesse vir oud en jonk. Die lewe is n ewigdurende ewewigspel, sê Dr. Seuss, maar daar is altyd pret, geluk en sukses vir dié wat dit wil vind. Die boek is geskik vir vroeë lesers en vir hardop voorlees. Maar bowenal is dit n fantastiese geskenk vir enige persoon wat n nuwe fase in hul lewe ingaan.Hierdie klassieke boek is nou vir die heel eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met n fantastiese rymvertaling deur Leon Rousseau.

Publikasie: 2014-12-20
0
Would love your thoughts, please comment.x