Groete van die hiëna is ’n ryk, geskakeerde jeugverhaal wat die inisiasieproses van ’n jong seun uitbeeld. Danksy sy ouers se nuutgevonde geloof in die die nuwe Humanos-kultus, bevind Roek Rykema homself oornag in ’n fantasiewêreld. Saam met sy begeleier, ’n hiëna!, moet hy sy pad vind in die paleis van Chaos, oftewel Chaotika. Deur die verloop van die roman leer Roek homself uiteindelik ken soos hy is, met sy swakhede en vrese, maar ook met sy skeppende krag en uithouvermoë.