s_oondvars_150
1447

Kook met Josh

Kook Met Josh
Struik

Kook met Josh is deur die negejarige Josh Thirion saamgestel. Josh, ’n entoesiastiese kok met ’n passie vir teken, het hierdie unieke kookboek van 48 resepte saamgestel met die hoop dat dit ander kinders sal inspireer om ’n voorskoot aan te sit en te begin kosmaak. Kook met Josh bevat nie net maklike stap-vir-stap resepte wat alle kinders graag maak nie, maak ook talle aktiwiteite wat die hele gesin sal besig hou.Met sy tekentalent het Josh aktiwiteite soos inkleur, doolhowe, woordspeletjies, blokkiesraaisels, soek die verskil, en verbind die kolletjies ingesluit. Dit was nog nooit so maklik om te weet wat om te maak nie, want Josh bied ’n omvattende verskeidenheid resepte vir verfrissende drankies, onweerstaanbare ontbytkos, smullekker middagtetes, heerlike aandetes, hemelse nageregte en smaaklike happies. Kook met Josh, geïllustreer met aanloklike kosfoto’s, en tekeninge en stap-vir-stap-strokiesprente wat Josh self geteken het, sal beslis ’n toekomstige geslag meesterkokke inspireer.

Publikasie: 2012-09-26
0
Would love your thoughts, please comment.x