“Nie ’n hond nie, ook nie ’n kat nie! Hondekos stink,“ het Karlien se mamma en pappa gesê. Omdat sy ’n gehoorsame klein dogtertjie is, bring sy toe maar ’n leeu huis toe. Om ’n leeu as ’n troeteldier te hê kan nogal ’n avontuur wees, maar dit veroorsaak ook unieke probleme . . .