s_oondvars_150
1323

Moemin en die maanlig-avontuur

Tove Jansson
Human & Rousseau

Vir ouderdomme 3-8 jaar. Moemin is terug in Afrikaans! Joegaai! Sedert die TV-reeks in die 1990`s uitgesaai is, is Moemin `n geliefde vriend vir vele en sy avonture het die verbeelding behoorlik aangegryp. En wie kan dan nie die aansteeklike kenwysie saamsing nie? Dit het dae aaneen gereen, maar vandag skyn die son weer en Moemin is baie opgewonde: “Jippie! Dis `n lekker dag vir `n avontuur!” Moemin, Moepappa, Moemamma, Moemei en Mymy gaan vandag na die Eensame Eiland seil om `n skat te gaan soek! Maar Moemei kan nie besluit wat om aan te trek nie. En Moepappa moet eers besluit watter hoed om te dra. Moemamma en Mymy wil eers bessiepastei bak . . .Wanneer almal uiteindelik reg is, is dit al nag. Sal hulle die skat in die maanlig kry?

Publikasie: 2011-11-01
0
Would love your thoughts, please comment.x