Die agt sprokies in elk van hierdie kleurryke bundels is gunstelinge wat die toets van die tyd deurstaan het en altyd gewild sal bly. Hulle is in keurige, maklik verstaanbare Afrikaans oorvertel en ideaal vir voorlees met slaaptyd, maar ouer kinders wat al self kan lees, sal net soveel plesier aan die versameling hê. Beide hierdie bundels is boeke vir lees – en weer en weer lees.