s_oondvars_150
739

Noem my Kat

Helen Brain
Human & Rousseau

Katrina (“noem my Kat”) is moeg vir vervelige mense, moeg vir `n gewone lewe, moeg vir haar naam. Sy is “Kat”, sexy, suave en gesofistikeerd, en sy is vol drome … Naweke verkoop sy T-hemde by die kunsmark vir ekstra sakgeld, saam met Van Aard, die bure se doodgewone seun en haar beste maat. Gedurende die week is dit skool saam met irriterende mense soos Marlé Groenewald, die blondine met die groot boobs en `n eie agenda … Die lewe is alles behalwe maanskyn en rose. Tot hy verskyn. Die ou met die ontwerperstoppels en die romantiese naam, Pierre – so Frans, so artistique. En Kat is verlief. So verlief dat sy haar hele image wil verander sodat hy haar kan raaksien. Maar Pierre het `n geheim. `n Goedbewaarde geheim wat Kat diep gaan tref en haar gaan dwing om haar idees en haar hart te ondersoek. Die vyfde titel in `n reeks lekkerlees-liefdesverhale vir tieners.

Publikasie: 2000-01-05
0
Would love your thoughts, please comment.x