s_oondvars_150
49-2

Professor Fossilus en die dinosourusse

Louise Smit
Human & Rousseau

As jy van dinosourusse hou, is hierdie net die boek vir jou. Professor Fossilus het sy eie dinosourusmuseum in Salamander, n klein dorpie in die Karoo. Omdat sy versameling dinosourusfossiele een van die mees volledige in die wreld is, gaan n professor van Amerika en sy studente hom besoek. Maar professor Fossilus het n groot probleem. Sy Trikeratopsfossiel kort nog sy derde horing, en hoe hard hy ook al op Salamanderkop grawe, kry hy nie die derde horing nie. Al uitweg is om maar in tyd terug te reis en n derde horing te gaan haal. So bou sy vriend by NASA vir hom n tydmasjien en kan hy en die tweeling, Toutie en Ton (dis vakansie) miljoene jare terug tot in die tyd van die dinosourusse gaan. Natuurlik het hierdie tydmasjien ook n frekwensie ingebou wat aangeskakel kan word sodat professor Fossilus en die tweeling met die dinosourusse kan praat. Hulle beleef n onvergeetlike avontuur en natuurlik kry die professor sy derde horing. n Lekker-lees humoristiese storie vol wonderlike feite, inligting en avontuur.

Publikasie: 2007-05-08
0
Would love your thoughts, please comment.x