Adriaan is ‘n valerige seun en nie uitermate goed in enigiets nie. Sy hond, Willem, is ‘n ander storie! Hy’s eintlik ‘n speurhond, ‘n superspesiale geheime agent-hond. Dit vind Adriaan uit toe Willem hom doodluiters een oggend inlig dat hy ‘n krat moet regkry sodat hulle daarin na Istanbul ge-“koerier” kan word. Vanaf Istanbul lei die speurtog hulle ook na Venesië, Parys en Amsterdam…
Hierdie boek was die naaswenner in Die Burger (KleinB) en NB-Uitgewers se kinderverhaalkompetisie in 2009.