Die gedigte in Toulopers is almal splinternuut en is geskryf met tieners tussen 13 en 15 jaar in gedagte. Van ernstiger temas tot glimlagverse, van rebelse gedigte tot dolverliefde SMS-poësie – al die bydraes in hierdie bundel is met een doel voor oë gekies: om tot moderne tieners se leefwêreld te spreek.
Bang
`n skooltas vol alleenheid
`n skooltas vol verlang
ek wens jy was hier by my
want die lewe maak my bang.
(Fanie Viljoen)