Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie … Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends. Zackie en Vincent besluit om ’n lekker grillerige SPOOKSTORIE-AAND te hou! Hulle kamp in die tuin uit en lees stories wat jou HARE SAL LAAT RYS. Maar dan gebeur daar iets … Iets wat die hele skool laat dink Zackie en Vincent is twee bangbroeke …