Die dramatiese illustrasies en ongelooflike foto’s van lewensgroot modelle gee vir jong lesers die kans om ’n unieke blik op prehistoriese tye te kry. Dit sluit in baie spesies – van die Tyrannosaurus Rex, planteters, seemonsters en vlieënde reptiele tot die vinnigste, langste en sterkste dinosourusse tans bekend. Die feite is op datum en word aangevul deur addisionele inligting op die internetskakels wat voorsien word.