Die Boendoesbaai-ding

Die Boendoesbaai-ding

Rudi Fourie
Human & Rousseau

Eddie se nuuskierigheid oor die Boendoesbaai-ding het Vrydagmiddag in die Kuier-nog-‘n-bietjie-restaurant begin. Hy het pas ‘n hamburger special bestel toe hy die gedempte gesprek agter hom hoor. Twee mans, een met ‘n vreeslike diep stem, het oor ‘n voorval van lank gelede op hulle kusdorp gepraat. En Eddie kon nie glo wat hulle sê nie.
     Hy wou graag meer oor die voorval hoor, maar ‘n rukkie later is die mans die restaurant uit. Daarby kon hy nie sien wie hulle is nie, want toe hy omdraai, kon hy net hulle rugkante sien.      
      Dis al.
      Nou, net voor sluitingstyd, sit hy in die dorp se biblioteek en lees ou koerante op die skerm van ‘n leestoestel waarop Microfilm Reader staan. Dis nou tegnologie uit die oertyd. Hy’t nie eens geweet sulke goed bestaan nie. Toe hy netnou by Oom Doep se bakkery kom om sy ma se bestelling broodrolletjies te kry, was hulle nog nie uit die oond nie.

lusmakers
0
Would love your thoughts, please comment.x