Miskien het julle hierdie wenke al oor en oor gehoor, maar al wat ek kan sê is dat ek dit maar elke dag kan hoor want dit is baie belangrik.
‘n
Storie moet ‘n raamwerk hê wat werk, dws. ‘n plot.
Jy moet weet hoe jou storie gaan begin, die middel en hoe dit gaan eindig. Jy
moet jou storie beplan, voor jy begin skryf.
Jou
karakters moet goed ontwikkel wees.
Maak vir jou hoofkarakters ‘n
‘hospitaalkaart’. Skryf op die kaart al die besonderhede van jou karakter neer.
Sy voorkoms, afkeure, voorkeure en wat hy/sy wil hê. Klim in jou karakter se
lyf… word jou karakter.
WENK: Maak ‘n plakboek met gesigte van mense (knip uit koerante en tydskrifte)
en gaan terug na jou plakboek wanneer jy karakters soek.
Weet
vir wie jy wil skryf.
As jy vir kinders van 8-11 wil skryf,
gaan lees boeke vir daardie ouderdomsgroep. Vind uit waarvan kinders hou in
daardie ouderdomsgroep, ens. Kyk ook na die taalgebruik.
Moenie
skroom om oor te skryf nie.
Dis deel van die skryfproses. Geen skryfsel is volmaak nie.
Skryf
inheems.
Uit die grond van Afrika. Waar is ons Hans Christian Andersons, JK Rowlings?
Nie ‘wroegstories’ nie – asseblief nie. (Ons het genoeg daarvan gehad in die
verlede.)
Skryf boeke wat sal kompeteer met die programme vir kinders op TV. Stories wat kinders nie wil neersit nie.
‘n Bietjie inligting oor my as kind:
Ek het baie min
Afrikaans gelees omdat daar baie min boeke beskikbaar was. (Ek het in Namibië
groot geword- ons het pragtige Duitse en Engelse boeke gekry, maar baie min
Afrikaans) Ek het ‘comics’ oor Little Lotta, Richie Rich, Jack & Jill ens.
verslind.
Kinders weet nie hoe gelukkig hulle is om so baie boeke te kan hê nie, met
pragtige illustrasies!