Die Eenddraak se val

Wenner in Storiewerf se Vonkelfiksiekompetisie 2007 (7-9 jaar)

‘n Kreatiewe kreature-storie

Die Eenddraakkoning het in ‘n kasteel gewoon, hy het ‘n spesiale oog gehad. Die oog was pers en almal was bang vir die oog. Hy was ‘n wolfvreter en hy was baie kwaai. Die Eenddraak het ‘n eend se kop, ‘n draak se stert en vlerke gehad.
Daar was eende met swaarde en spiese wat die kasteel opgepas het. Dit was ‘n ronde kasteel. As iemand van veraf kyk, kon hulle die ronde trappe sien. Daar was drake met vuurswaarde en lawaspiese. 

Die vyand was die wolfdrake. Die Wolfdrake het wolfkoppe gehad en pynappellywe en eendpote met draaksterte. Hulle het gereeld aangeval. Die Eenddrake het gelukkig ingenieurs gehad om die Wolfdrake se plekke hulle s’n te maak. Die wolfdrake het spioeneerkarre en kleiner spioeneerkarretjies gehad. Daar was laserheinings om die Eenddrake se kasteel. Die wolfdrake het gewone heinings gehad. Die Eenddrake het gewoonlik in hulle regte volgorde geloop. 

Die oorlog gaan begin! 
Daar is vuur en bloed en dooie vegters! 
Skielik sien ‘n Eenddraak die Wolfdraakkoningin. Hy vang haar en neem haar na die Eenddraakkasteel toe. Die Wolfdrake oorwin die Eenddrake. Teen daardie tyd is die Wolfdrake se koningin al in die tronk en die Wolfdrake is nou by die Eenddrake se kasteel. Hulle saag die laserpale af. Die laaste Eenddraak het ‘n mes in sy poot. 

Die Wolfdrake storm binne! 
Die Eenddraak sê: “Gaan uit of ek maak julle koningin dood met die mes. Gee ons nog vier jaar dan kan ons weer oorlogmaak.”

Na die vier jaar het die Eenddrake se eende en drake weer meer geword. Die twee spanne het weer oorlog gemaak. Die Wolfdrake het weer oorwin maar die Eenddrake het nog baie vegters oorgehad. Die Eenddrake het by hulle paleis oorwin. 
Toe, ewe skielik, gaan die Eenddrake uit hulle eie uit oorlogmaak. 
Maar toe het die Wolfdrake nog nie wolwe en drake gemaak nie.
Ag nee! Die Eenddrake is besig om te wen. 

Jippie! die Wolfdrake het darem nog ‘n wegsteekplek waar daar baie aanvallers is. Maar die Wolfdrake sal hulle plek vinnig moet groter maak, of die Eenddrake sal hulle oorwin as hulle die Wolfdrake se plek kry. Die Wolfdrake is baie slim, hulle gaan natuurlik hulle plek geheim hou. 
Maar toe is die koningin al baie kwaad, want sy is nog steeds in die Eenddrake se tronk. Die Eenddrake het besef die Wolfdrake is nie so sterk nie. 

Die Eenddraakkoning het iets spesiaals gehad, maar hy het nie geweet wat was dit nie. Dit was tien goue muntstukke. As die Wolfdrake hulle aanval en hulle kry die tien goue muntstukke kon hulle die kasteel oorneem. Die Wolfdraakkoning het ook iets spesiaals gehad. Maar hy het geweet wat dit was; dit was ‘n eend se poot wat hy in ‘n oorlog afgekap het.

Die twee vyande het nie meer so baie geveg nie. En die vegters het begin rustiger word.
Toe eendag word die Eenddrake kwaad omdat hulle spiere nie meer sterk is nie. Dis nou omdat hulle nie meer veg nie. Toe besluit die Eenddrake dis nou hoog tyd dat hulle weer oorlog maak teen die Wolfdrake. 

Maar die Wolfdrake het al hoe meer vegters gemaak, hulle is nou gereed om hul koningin te gaan red. Die twee vegters kan nie net teen mekaar veg nie, maar as dinge baie erg word dan eet hulle mekaar sommer op! 
Hulle kom bymekaar op Goudberg en die grootste oorlog ooit tussen hulle begin.

Die Wolfdrake het die Eenddrake oorwin en toe kon hulle uiteindelik hul koningin red uit die Eenddrake se mag. Daar het nie een enkele Eenddraak oorgebly nie. 
Van daardie dag af het die Wolfdrake in rus en vrede saam met hul koning en koningin gewoon.

(Skrywer: Minderd Spoelstra)

Die storie is geskryf deur Minderd Spoelstra (8 jaar) Die storie was die wenner in Storiewerf Vonkelfiksie Kreatiewe Kreature Skryfkompetisie 2007 – Afdeling A
2007-09
0
Would love your thoughts, please comment.x