Die diere help mekaar

Die diere help mekaar

Aadila Ismail vertel die storie van die diere wat mekaar help: "Luister my kinders..." waarsku die kameelperd haar kalfies. Maar soos altyd het een kalfie nie geluister nie.

Daar was eendag ‘n kameelperd wat saam met haar kalfies by die rivier gesit en gesels het.
“Luister my kinders, julle moenie diep in die veld ingaan nie, anders vreet die hiënas julle op. Belowe my julle sal nie.”
“Ons sal nie, Mammie, ons belowe,” het die kalfies geantwoord. Maar die een kalfie het nie geluister nie. Hy wou uitvind wat diep in die veld aangaan. Hy’t besluit om vroeg die volgende oggend deur die veld te stap.

Die volgende dag het hy opgestaan en saggies uit die kraal gegaan.
“Ek sal terug wees voor hulle my mis.”
Hy het deur die veld, verby die bokke gestap. Die seekoeie het hom vriendelik gegroet terwyl hy water gedrink het.
“Waarheen stap jy?” vra pa olifant.
“Ag, sommer rond.”
“Moenie te ver in die veld in stap nie.”
“Moenie bekommerd wees nie, ek kan myself oppas.”
Hy’t uiteindelik diep in die veld gekom. Hy’t snaakse geluide gehoor. Nie die gewone geluide van die buiteveld nie.

Intussen, terug in die kraal, was Mammie bekommerd. Sy’t rond gevra vir die bokke of hulle die klein kameelperdjie gesien het. 
“Hy’t by die river gaan drink.”
“Hy’t by die olifante verby geloop,” het die seekoeie geantwoord na sy vir hulle gevra het.
Op daardie oomblik het Olifant na hulle gestorm.
“Ek dink jou kalfie het diep in die veld verdwyn.”
“Ons moet vir Leeu gaan kry. Hoe anders gaan ons die hiënas keer?” het Mammie gesê.
“Ons sal vir hom en die ander kry om te help, gaan jy terug na die kraal met jou kalfies en wag vir ons,” sê Bokkie.
“Bring my babatjie terug,” sê Mammie terwyl sy wegstap.

Hiëna

Leeu en die ander diere het na die diep veld gestap. Hulle het gesien hoe die hiënas besig was om die arme kalfie in ‘n hoekie te keer, terwyl hulle lag.
“Help my!” skreeu die kalfie.
Leeu spring in, terwyl Olifant alles plat trap.
“Hy’s op ons terrein, HêHêHê. Los hom vir ons om op te vreet,” lag die hiënas.
“Nooit!” brul Leeu.
Bokkie en die seekoeie neem die kalfie terug terwyl Leeu en Olifant keer.

Toe hulle by die kraal kom, het die kalfie begin huil.
“Ek sal nooit weer in die veld gaan nie.”
“My kalfie! Ek is net bly jy’s veilig! Dankie diere.”
“Dis ons plesier, ons help mos altyd vir mekaar,” antwoord die diere.

Les:
Luister na jou ouers.
Help jou bure as hulle jou nodig het.

Skrywer/verteller: Aadila Ismail Graad 12 Hoërskool Ben Viljoen, Groblersdal
Kopiereg: Storiewerf
Illustreerder: Henrico Greyling
0
Would love your thoughts, please comment.x