Om te dans is ʼn verhaal oor Lisa de Waal ʼn tienermeisie wat voel asof die wêreld met al sy probleme op haar neergedaal het. Boonop maak ballet, die een ding waarom haar lewe gedraai het, haar nou so naar dat sy nie eers daaraan wil dink nie. Vir Lisa voel die wêreld grys en koud. Wie sou kon raai dat haar lewe so vinnig so verkeerd kon loop?
Nou is haar ma oorsee in Italië besig om vir haarself ʼn nuwe loopbaan te skep, en sy wil sy nie eers aan haar pa wat hulle so verraai het, dink nie, inteendeel sy wil nooit weer iets met hom of ballet te doen hê nie. Dit was skaars drie maande gelede wat sy nog ʼn normale vyftienjarige was wat gelewe het vir ballet, en nou maak die blote gedagte aan dans haar naar.
Boonop het haar ma voor sy vertrek het, haar na die ander kant van die land gesleep en haar by haar vervreemde ouma in die Kaap gelos. ʼn Ouma wat neonpienk tekkies dra en sjokolade eet vir ontbyt. Glad nie die klassieke ouma waaraan almal gewoond is nie. Een wat lysies maak van alles en glo dit gee mens ʼn beter perspektief oor die lewe en jou probleme, boonop glo sy daarin dat jy alles “boldly” moet “face”. Iets waarvoor Lisa nie nou krag of lus voor het nie. Sy is nie ook glad nie seker of sy kans sien vir die nuwe begin en al die veranderings nie. Vir haar voel dit onmoontlik om aan die vreemdheid van ʼn normale skool met normale skoolaktiwiteite en sport gewoond te raak.
Wanneer gaan die geluk vir haar begin draai? Net Jaco die seun van langsaan met sy donker oë en die skool se swemspan voel soos ʼn vorm van lig in die grysheid waarin sy haarself bevind. Gaan sy ooit weer die moed kry om haar points aan te trek en alleen op die verhoog te stap? Sal die son ooit weer skyn in die grys mistigheid? Sal sy ooit die moed vind om haar pa te kan vergewe en sal al die skinderstories oor haar en Jaco kan verdwyn in die mis soos wat dit gekom het?