Isit suppose o iets te mean?

Monoloog – Hoërskool
Natalie Thysse
Agtienjarige eerstejaarstudent. Die stuk speel op ’n warm somersaand af. (Streekstaal)
Ouderdomsgroep: 18+
Karakter: Agtienjarige eerstejaarstudent. Sy dra ’n boheemse rok wat net so vier vingers bo haar knie stop. Sy het plat ooptoon sandale aan en haar hare wat neklengte geknip is hang los.
Stel: Die stuk speel op ’n warm somersaand af op ’n grasperk waar Christina sit. Die verhoog is donker en omring met swart lap, met net die gekleurde liggies wat soos sterre op die verhoog skyn. Op die verhoog sit Christina plat op die vloer besig om haar rugsak oop te maak.
Hierdie monoloog is in Kaapse streektaal geskryf. Ook beskikbaar in ‘n standaardweergawe.

Isit suppose o iets te mean?

(Sy sit op die gras besig om iets uit haar rugsak uit te haal. Nadat sy dit waarna sy gesoek het uitgehaal het, gaan daar net een lig aan wat gefokus is op haar)

Ek hit vir djou die eeste kie in ie Ferdinand Postma Library gesie, ek hit ien va Mary Shelley se novels gelies. Half nog soe bang oe ek ’n iestejaa is, half nog soe hatsee oe ek soe ve va die joint af weg is.
Ek moet my eigene kos maak en probie om soe min as moentlik junk food te iet, ek moet sorg dat my washing neat en clean en in ie wardrobe gepak is. Net soes my taanie my geleer het.

Djyt vi my sieke ieste gesie cause why ek hit die black t-shirt ’n paa kie van die kant van my oeg gesie veby loep and sy kop wat die hieletyd draai o te kyk wie agte die whiteboard sit.

Tot eke djou eye toevallig gecaught  hit en djy was soe geflush gewies.

Die vonke het gespat, cause why elke dag hit os mekaa gesie en nog nie ’n woord vi mekaa gesê nie. Di was asof iets vi ons both gesê hit, sit vidag hie of sit vidag daa cause om een of ander riede, wa ek was, was djy en wa djy was, was ek.

Os was once in diesele kêk wat weird is.

Os hit iens op ’n tyd diesele bloulbokkieshirt gewear.
Is it suppose o iets te mean?

(frons)

Every night hit os a half an hour na-of voe mekaa uit ie library uit geloep.  

Is it suppose o iets te mean?

Ek raak soms baie jealous whenever ek vir djou in loverslane sie met ane gooses praat en lekka keggel terwyl ek dié ’n ander perception va djou hit.

Da djy actually nie lag ie. Da djy soe serious is oe die liewe that nothing and no one vir djou funny is ie. 

Is asof jy jealous is whenever djy vir my in loverslane sien met ander guys praat en lekka lag terwyl djy oek maybe ’n ane perception va my hit.

(rol haar oë)

Os loep mekaa nooit soma net raak ie.

Os is altyd op predictable places.

Everyday we do the same stuff en dis sieke hoeko os mekaa elke dag op diesele plekke sie.

Os is elke dag in ie library in, vir ien of ane riede is da sieke nou nog ’n riede hoeko os nie somme die bib verlaat ie.

Os watch mekaa elke dag, but os doen niks.

Os watch mekaa elke dag and that’s where it stays.
Is it suppose o iets te mean?

Sometimes you look so tired, djou oë lyk te swaa vi djou gesig and jou lippe is ’n mengelmoes van red and purple soes die colour van breaking dawn. Djys darem something. 

(Sy begin opgewonde raak en begin vinniger en harder praat)

Ek count die sekondes af, ek ka soms nie iens wag o net in ie library uit te ko nie, ek ka skriee van excitement as da gesê wôd, os ga ’n test skryf wat obviously mean ek ga mee tyd in ie library spend.

(Praat weer stadiger en stemtoon keer terug na normaal toe)

Ek hoef djou nie te sie nie, ek ka djou feel as djy in die library is, ek ka voel wanniee djy in die library in ko.

Ek ka voel wanniee djy die stoel uittrek en ga sit en al djou stationary uithaal.

Ieste ding wa djy doen is djy staan op en maak asof djy die bathroom wil use ma djy wil actually net sieke maak ek is present.

Stry?

(Glimlag terwyl sy na die foto staar)

Dit was nie geplan o vi djou te meet ie, soes ek sê dinge gebiee nooit toevallig wanniee it by os ko nie.

Djou hande was soe koud and your face a combination of pink and red. My hart hit soe vining soes die worldrecord wat Wayde van Niekerk gemaak it, geklop.

Is it suppose o iets te mean?

My hiele lyf was warm en ek het gewiet dat ek oek soe rooi soos ’n oorryp tamatie was.

O djou hand in myne te voel, hit my liewe complete daai dag.

Os wou nie loep ie, but het oek niks gehad o vi mekaa te sê besides die fact da djy jouself geintroduce hit en vi my gesê hit waavandaan djy ko ie.

My naam hit djy soe mooi gepronounce en djou smile hit vir my remind an ie keu toe dat loverslane ’n kooi van leaves was.

(Sug en beweeg met haar vinger oor die persoon se gesig in die foto)

Os ko van sulke different worlds af, djy van doer in Afrika en ek van ie suid van Afrika, hoe de hel is it suppose o te wêk?

(verhoog stemtoon)

Hoe de hel is it suppose o te wêk as it djou fourth year and my first year is?

Do you do that with everyone you think you can take for a gek?

Djy laat mens feelings vi djou kry en goed voel wat djy nog nooit gefeel hit ie and then you tell me dat it djou final year is en dat djy va die mid Africa is en dat…en dat djy…(gee ’n harde sug) en dat djy actually op trou staan.

Wat is it suppose o te mean?

Is it your idea of a joke?

To think that I thought that there is something wrong with me, oe eke nog nooit iens na boys gekyk hit ie.

Nog nooit my heart vi anyone gegie en daai person dit vetrap hit ie.

(Sit die foto voor haar bors en kyk op na die kleurvolle liggies wat op die verhoog skyn)

Nog noeit my first kiss experience nie.

(Sy gaan lê op die naat van haar rug op die vloer en kyk na die kleurvolle liggies wat soos sterre skyn op die verhoog, die skerplig net gefokus op haar en die kleinkleurvolle liggies wat in die vorm van sterretjies in die lug hang.)

I thought that you were the one, ek hit gedog dat ek djou Elizabeth and djy my Mr. Darcey is, soes in Austen se novel.

(Terwyl sy op die haar rug lê praat sy met die foto in haar hande)

Ek hit gedog da ek djou Anna and djy my Mr. Grey is, soes in E.L James se number one novels.

(Sy hou met beide hande vas en hou dit voor haar bors)

Is ie fact da ek vi djou met my whole heart verlang suppose o iets te mean?

(’n Traan rol teen die kant van haar linkeroog uit. Sy maak haar oë toe, terwyl die lig wat op haar gefokus was al hoe flouer en flouer raak totdat dit weer donker op die verhoog is en daar net kleurvolle liggies soos sterretjies op die verhoog skyn)

Natalie Thysse
Die monoloog is geskryf deur Natalie Thyse. Natalie is ‘n Skryfkunsstudent aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) 2017.
2017-12
Kopiereg Natalie Thysse

As jy dié stuk wil opvoer, stuur ‘n versoek aan kollig@storiewerf.co.za
met jou naam, ouderdom, die titel, en waarvoor jy dit wil gebruik.

0
Would love your thoughts, please comment.x