Sanlam en Tafelberg (’n druknaam van NB-Uitgewers) maak met trots hierdie jaar se finaliste bekend.
Engels:
• Jayne Bauling van Witrivier, Mpumalanga met Smoke Across the Sun;
• Jenny Hatton van Lynnwood Glen, Pretoria met Upstanding;
• Nerine Dorman van Welcome Glen, Simonstad met Sing Down the Stars;
• Sally Partridge van Durbanville, Kaapstad met The Whoevers;
• Shafinaaz Hassim van Polokwane met Nisa Qamar and the Legend of Qawthar; en
• Toby Damon Bennett van Claremont, Kaapstad met The Music Box Blues.
Afrikaans:
• Annerle Barnard van Bainsvlei, Bloemfontein met Sindikaat;
• Christina Venter van Louis Trichardt, Limpopo met E-pos vir Trui;
• Derick van der Walt van Villieria, Pretoria met Die Toring van Jasmyn;
• Frans Fourie van Strand met Neuk;
• Nerine Ahlers en Aletta Steenkamp van Lynnwood en Waterkloof, Pretoria met Ek is nog hier; en
• Tertius Janse van Rensburg van Framesby, Port Elizabeth met Die sindikaat.
Afrikatale:
• Lungile Promise Zwane van Wasbank, KwaZulu-Natal met Umzabalazo (isiZulu);
• Thembisile Kundlwana van Sebokeng, Vanderbijlpark met Tata Siyakuxolela (isiXhosa);
• July Innocent Mtsweni van Lindo Park, Pretoria met Umfelasakhe (Ndebele);
• Thabo Kheswa van Bophelong, Vanderbijlpark met Haeso ke kae! (Sesotho);
• Mokhwatsi Reuben Maponya van Tzaneen met Makhwatšo (Noord-Sotho);
• Othusitse Moses Lobelo van Delareyville, Noordwes met Mmatla kgomo kodumela (Setswana);
• Mbedzi Nyelisani van Thohoyandou, Limpopo met U Kondelela (Tshivenda); en
• Musa Aubrey Baloyi van Soweto met Tinsimu To Pfumala Mpfumawulo (Xitsonga).
’n Goue en silwer wenner sal in elke kategorie gekies en by ’n
prysfunksie in Oktober 2019 aangekondig word. Die ses wenboeke sal
tydens die funksie bekendgestel word waarna skrywers plaaslike skole en
feeste as deel van ’n bemarkingsveldtog sal besoek.
Die totale prysgeld beloop R90 000: R20 000 vir die goue wenners en R10 000 vir naaswenners.
Die Sanlam-prys vir Jeuglektuur word 40 in 2020!
Hierdie tweejaarlikse toekenning is sedert die bestaansjaar in 1980 ’n
waardevolle bron van plaaslike boeke vir jongmense. Deur die jare is
daar veranderinge gemaak om te verseker dat die kompetisie relevant bly.
Die belangrikste verandering was om die inskrywings aan al elf
amptelike landstale van Suid-Afrika oop te stel, sodat ’n groter aantal
skrywers sowel as lesers by die kompetisie kon baat.
Michelle Cooper (Uitgewer en Hoof: Kinder- en jeugboeke, Tafelberg) sê: “Ek koester elke Sanlam-wenboek wat ons publiseer. Dis ’n voorreg om met manuskripte van hierdie gehalte te werk. Ons nuwe finaliste spreek temas aan wat in pas is met internasionale tendense en ek weet lesers sal vasgenael wees.”
Beoordeling vind annoniem plaas, dus kompeteer debuutskrywers op grondvlak met gevestigde skrywers. Die bekroonde skrywers maak dikwels die oorgang om later suksesvol in ander genres gepubliseer te word. Met enkele uitsonderings word van die wenboeke gereeld in skole voorgeskryf en sommige is al in films omskep. Sanlam-wenboeke word dikwels ook met ander plaaslike literêre pryse soos die Media24 Boeke-pryse en die Scheepersprys vir jeugliteratuur bekroon.
“Sanlam glo dat lees en leer die fondasie is vir ons droom om ’n wêreld van Welvaartmeesters te skep. Ons belegging in hierdie kompetisie vir die afgelope bykans 40 jaar het gesorg dat duisende jong mense toegang tot boeke kry, wat hulle in staat stel om hulle beste moontlike lewe te lei ‒ nou en vir die volgende generasie,” sê Elena Meyer (Senior Bestuurder: Borgskappe, Sanlam).