s_oondvars_150
2008

101 Lawwe-grappe

Jaco Jacobs
LAPA

Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!
Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat `n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en `n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!

Wat is geel en rond en jaag bo-oor `n rooi lig?
`n Suurlemoen sonder brieke

Wat is die beste manier om `n apie te vang?
Klim in `n boom en maak `n geluid soos n piesang.

Wat kan erdvarke kry wat geen ander dier op aarde kan kry nie?
Baba-erdvarkies

Wat is geel en het vier wiele?
`n Piesang. Jammer, ek het gejok oor die wiele.

Klop-klop.
Wies daar?
`n Bazoeka.
`n Bazoeka wie?
`n Bazoeka uit die buitenste ruimte!

Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:
101 Diere-grappe
101 Klop-klop-grappe
101 Lawwe-grappe
101 Pouse-grappe

Publikasie: 2018-06-04
0
Would love your thoughts, please comment.x