“Ek maak vir jou die hel oop,” lees die SMS wat Chris Burns een reënerige aand in Bloemfontein aan sy pêl Kerbs stuur. Net `n vingerfout, maar in die loop van die volgende paar dae word dit `n afgryslike werklikheid. Daardie aand help Burns vir Kerbs om by sy ma se motor in te breek. Die goed wat hulle steel, gaan verkwansel Kerbs by `n pandjieswinkel – hulle het die geld nodig vir die BreinBliksem-rockfees wat by die Allemanskraaldam gehou gaan word. Saam met hulle pêl, Skye Eyes, vat die drie die N1 Noord na BreinBliksem. Langs die pad tel hulle vir Partygirl op wat ook op pad na die rockfees is. Later die aand kom een van hulle uit die tent met bloed aan sy hande. En niks is ooit weer dieselfde nie.
BEKRONINGS:
M.E.R.-prys vir jeuglektuur, 2006;
Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2005: Goue prys.