s_oondvars_150
929

Dagsê!

CTexT
Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Leer jouself Afrikaans aan met hierdie interaktiewe, multimediasagteware, ontwikkel deur die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) van die NWU-Pukke! Hierdie program is gemik op persone, ongeag hul ouderdom, wat graag Afrikaans wil leer praat.
Die CD-ROMs bevat 4 hoofstukke wat elk uit 6 tot 8 lesse bestaan. Die lesse is gebaseer op kontekstuele taalgebruik in dialoogvorm. Interaksie word bevorder deur kruisverwysings en skakels na woordeskat, grammatika, funksies, vaardighede en oefeninge.

`n Hulplêer, virtuele programtoer en studiegids is ook ingesluit vir die optimale gebruik van die program. Jy kan ook jou eie pas en leerverbintenis bepaal deur ’n studiekontrak te aanvaar om jou te lei en jou vordering te monitor. ’n Belangrike kenmerk is die wye verskeidenheid oefeninge wat jou in staat sal stel om voortdurend jou vordering en jou vaardigheidsvlak te evalueer.

Klanksnitte kan gespeel word deur CD-spelers of MP3-spelers sodat jy jou uitspraak en luistervaardigheid kan oefen. Dit is nou ook toegerus om meerdere gebruikers toegang tot die program te gee en bied verbeterde inhoud en grafika vir `n optimale leerervaring.

Verspreiders:
BlueTek Rekenaars
(018) 297 0164
www.spel.co.za

Publikasie: 2008-10-30
0
Would love your thoughts, please comment.x