Veelsydige skrywer, Marita van der Vyver, maak hierin ’n keur van haar mooiste Grimm sprokies – self uit Duits vertaal. Bekende sprokies is Rooikappie, Die wolf en sewe bokkies, Die musikante van Bremen, Klein Duimpie, die Paddaprins, Hansie en Grietjie, Raponsie, Sneeuwitjie, en vele bekende en minder bekende sprokies. Daar is 40 sprokies in die bundel opgeneem. Uitsonderlike illustrasies deur internasionaal-bekroonde kunstenaar, Piet Grobler, vul die teks uitstekend aan.