Vir 5-7 jaar: `n Unieke opwip-boek wat wiskunde groot pret maak! Allerhande diere verskyn en verdwyn op elke bladsy wanneer die strokie op en af beweeg word. Daarmee word eerste telvaardighede en optelsomme sommer kinderspeletjies! Voorskoolse kinders sal dit geniet om te sien wat die diere op elke bladsy aanvang en leer so op ‘n interaktiewe en prettige manier hoe om basiese optelsomme te doen.