Lank-lank gelede was die Diepgrawers `n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor – Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamiliers maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande on-erdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond! Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit! Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy ontsnap van die woeste vuur die verskiklike Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog `n ware Diepgrawer, `n erd wat nie opgee nie, `n erd met `n plan.
Die skrywer, Leon se Villiers, is een van die mees bekroonde kinderboekskrywers. Die atmosferiese illustrasies is deur die beeldhouer en installasie-kunstenaar Berco Wilsenach.