Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos `n biblioteek. Maar by `n kidoteek ruil `n mens nie boeke om nie. By `n kidoteek ruil `n mens kinders om. Wanneer Erik se pa-hulle hom by die Kidoteek gaan omruil vir `n gehoorsame en ordentlike krulkop-dogtertjie, beland hy by Meneer en Mevrou de Kommer. Dié twee bekommer hulle oor alles – motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Net toe dinge onuithoudbaar begin raak by die De Kommers, ontdek Erik dat daar ook `n oudoteek is waar ouers omgeruil kan word…
`n Humoristiese en oorspronklike verhaal vir 9-11-jariges.