Dis skoolvakansie en die kinders is vreeslik verveeld. Daar is geen TV, radio of rekenaars nie. Dan kry iemand `n blink idee: wat van `n resies? `n Wedren op wiele!
“Die wilde wiele van Wolmaransstad
staan reg om die langpad te vat.
Die blinknuwe skoeter
die fiets met `n toeter
die stootwa, die trapkar, die trok
die wrak van `n kaskar
die kermende kruiwa
die draadkar, die driewiel, die drom.”