Die eerste van twee omnibusse van Louise Prinsloo se gewilde spookstories in die Gedaantes en Geraamtes-reeks. Die titels in hierdie eerste omnibus is: Die geheim van Groukatlaagte, Die stem in die trommel, Skaduwee op Siwet en Droomkamer op Donkerhoek. Teks is ten volle hersien en lesers behoort van nuuts af aan die drie vriende, Wikus, Karel en Giepie se spookavonture te geniet.