Met Hoe laat is dit? sal kinders gou-gou leer om op die horlosie te kyk. Die boek kombineer die tradisionele wyserplaat vernuftig met digitale syfers en tydwoorde. Dit is spesiaal ontwerp om te dien as ’n praktiese leerboek; tog verseker die vriendelike karaktertjies en verstelbare wysers van die horlosie dat kinders alte graag sal wil kyk hoe laat dit is.