Doodgelukkig seil die heks en haar kat op haar besem deur die lug. Maar toe kry die wind skielik haar punthoed beet en sy moet grond toe om daarna te soek. Daar kom `n hond ewe met die hoed in sy bek aangedraf, en vra mooi of daar vir hom ook plek is op die besem. En hy is net die eerste van die passasiers wat sy oplaai . . . Maar is daar plek op die besem vir `n hond, `n voel en `n padda sowel as vir die heks en haar kat? En wat gemaak toe hulle `n afgryslike draak teekom wat begin vlamme blaas en brul: Ek is `n draak en ek`s hupser as hups, en die lekkerste poeding is heks saam met tjips!